Nog moeilike tye wag

Die afgelope jaar was sekerlik vir baie volksgenote die moeilikste maande van hulle lewe, veral as mense van hulle geliefdes aan die dood moes afstaan terwyl bewegings ingeperk was wat besoeke verbied het.

Baie mense het geliefdes aan die dood afgestaan gedurende die inperkings tyd en kon so ʼn geliefde nie eers besoek word in die hospitaal nie, wat dit soveel moeiliker gemaak het.

Kerk en roudienste was maar vir ʼn paar van die naby familie beskore en die rou wonde is nog steeds gevoelig.

Op ekonomiese gebied het baie volksgenote skrikwekkende terugslae ervaar, en baie moes sien hoe hulle werkgewer sy onderneming se deure permanent sluit, terwyl ander self die deure van ʼn eie sakeonderneming moes sluit, en dikwels op ʼn ouderdom wat dit nie maklik maak om weer van voor te begin nie.

Die ekonomiese toestand in die land het menige volksgenoot swaar getref, en gevalle is bekend waar huis en haard opgeoffer moes word omdat die middele om dit in stand te hou, skielik ontbreek het.

En nou staan daardie swaar geteisterdes volksgenote voor die uitdagings van 2021 wat geen vooruitsigte het dat dit ʼn beter jaar gaan wees nie, en is die enigste antwoord om op die knieë te bly voor ons Skepper.

Die Minister van Finansies sal die week aankondig watter groter las hy op ons gaan aflaai om die wanbestuur van 25 jaar te probeer regstel sodat die regering kan voortgaan om die geld wan aan te wend.

Met die meer as 60% wat wanbestee is  van die Covid-19 Noodfonds, wat in alle geval uit lenings bestaan wat die Regering aangegaan het, sal Suid-Afrika waarskynlik sy moeilikste jaar binnekort ingaan as 1 Januarie 2021 aanbreek.