Nog grond vir opkomendes

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, het gesê die regering het meer as 8,7 miljoen hektaar grond bekom wat vir opkomende boere beskikbaar gestel is.

Van die grond wat so aan die opkomendes oorgedra is, het byna 90% geen water regte nie, wat dit logies maak dat geen boerdery daar kan staande bly nie, en van die grond is 80% glo geskik vir veeboerdery.

Nou gaan die regering voorligtingsbeamptes aanstel, en waar daar tot hede 1 beampte vir elke 850 boere is, sal dit nou verbeter word met een beampte vir elke 250 opkomende boere.

Dit vorm alles deel van die ANC se sogenaamde “meesterplan” vir die vestiging van swart boere op onbenutte grond, en sal die duisende hektaar staatsgrond waarvan vroeër aangekondig is, ook versterk word met beamptes wat inligting sal gee om die opkomende boere te onderrig.