Nobelprys vir Medies word gedeel

Harvey Alter, Michael Houghton and Charles Rice  sal die Nobelprys vir Medikasie deel vir die werk wat hulle gedoen het met die identifisering van die Hepatitis C virus wat in die lewer voorkom.

Dit is die eerste toekenning van die Nobelprys wat in die volgende weke in verskillende afdelings toegeken sal word.

Die toekenning is aan die drie wetenskaplikes gemaak vir die groot bydrae tot die mediese wetenskap en hulle stryd teen die bloed-verwante hepatitis wat n groot gesondheid probleem regoor die wêreld is.

Danksy die navorsing en ontdekkings, kon hoogs sensitiewe bloedtoetse gedoen word om die virus te elimineer en sodoende kan 400,000 sterftes per jaar voorkom word.

Wêreldwys is sowat 70 miljoen mense met infeksie van die virus gepla volgens die Wêreld Gesondheid Organisasie.

Hepatitis C is nie maklik opspoorbaar in die mens nie, en word n chroniese toestand wat die dood kan veroorsaak na jare se stryd, maar kan nou effektief geëlimineer word soos wat Covid-19 virus ook behandel kan word.