Nieu-Seeland opposisieleier wil regeer

Die amptelike opposisie in Nieu-Seeland se leier, Judith Collins, het haar oog gefokus op 17 Oktober se algemene verkiesing met die verwagting om haar party die wenner te maak.

Die 61-jarige Collins was voorheen ʼn prokureur van beroep voordat sy in 2002 verkies is tot lid van die parlement waar sy Cleveland verteenwoordig.

Sy is in die kabinet opgeneem toe die Nasionaliste in 2008 aan bewind gekom het, en vir die daaropvolgende jare was sy deel van die regering se kabinet.

Sy het wel twee keer probeer om die Nasionaliste se leier te word, maar het telkens die onderspit gedelf, maar nou is haar visier weer op die leierskap gerig, en sy koester die verwagting om die Nasionaliste aan bewind te kry.