Nege wagte bewaak Agrizzi

Die beskuldigde weens korrupsie, Angelo Agrizzi, word in ʼn private hospitaal versorg nadat hy enkele dae gelede opgeneem is.

Die voormalige senior hoof van Bosassa het egter na hy opgeneem is in die hospitaal, ʼn ernstige terugslag gehad toe hy ook ʼn hartaanval gekry het.

Die fluitjieblaser van menige korrupsie voorvalle is gearresteer en kon nie borg kry nie, maar moes weens gesondheidsredes gehospitaliseer word, waar hy deur nege sekuriteitsbeamptes dopgehou.

Die nege gewapende wagte hou ʼn wakende ook oor Agrizzi wat steeds in ʼn Johannesburgse privaathospitaal se Hoësorgeenheid verkeer.

Sy regsverteenwoordiger het bevestig dat nege gewapende sekuriteitsbeamptes hom deurlopend dophou, maar sê hy weet nie wat die rede is daarvoor nie.

Sy regsverteenwoordiger sê Agrizzi is aan sy bed vasgekluister weens sy gesondheid en is aan ʼn ventilator gekoppel weens die ernstige asemhalings probleem wat ondervind word.