Navo vestig nuwe ruimtevaart basis

Die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (Navo) is besig met die ontwikkeling van ʼn ruimte sentrum wat geleë sal wees in die Ramstein basis van Duitsland.

Die ruimtevaart sentrum sal monitering doen en beskerming bied aan “vriendelike” satelliete.

Die Ministers van Verdediging uit die 30 lidlande van Navo het pas besluit om die nuwe ruimte sentrum op te rig wat klaarblyklik ook verbind sal word aan Navo se Lugmag om doeltreffende veiligheid stelsels te verseker.

Die verslag dui ook aan dat die basis koördinering sal verrig om ruimtevaart reise en ander gebeure waar te neem.

Navo se Sekretaris-Generaal Jens Stoltenberg sê hy het geen weerstand verwag van die ministers van lidlande wat die byeenkoms gehad het nie, en voorsien dat daar binnekort met die eerste werk begin sal word.

Met die toename in satelliete wat wentel om die aarde, word dit dringend noodsaaklik dat koördinering plaasvind om te voorkom dat botsings in die ruimte plaasvind, word gesê.