Navalny kap voormalige Bondskanselier

Alexei Navalny, die vergiftigde Russiese opposisieleier wat tans in Berlyn aansterk, het skerp gereageer oor die vreemde handeling van ʼn voormalige Bondskanselier van Duitsland.

Navalny het gevra hoe dit moontlik is dat ʼn voormalige Bondskanselier van die magtige Duitsland hom beskikbaar kan maak om diensbaar te word aan die Poetin bewind van Rusland.

Die voormalige kanselier, Gerhard Schröder ,  wat dienste lewer aan Rusland, het per geleentheid gesê daar bestaan geen harde feite oor moontlike Russiese vergiftiging van Navalny nie.

Navalny sʼn die voormalige kanselier word deur Poetin van Rusland betaal, end it is waarom Schröder so ʼn opmerking gemaak het.

Intussen is vasgestel dat die gifstof wel in Navalny se liggaam was nadat smere geneem en ontleed is.

Verskeie wetenskaplikes in Duitsland en in ander lande het bevestig dat die gifstof Novichok in Navalny gevind is, en te midde daarvan sê die voormalige kanselier dat daar geen “harde feite” is nie.