Nagorno-Karabach hervat gevegte

Die onderneming van ʼn skietstaking tussen Armenië en Azerbaidjan het kwalik twee dae staande gebly, waarna die een die ander beskuldig het van verbreking van die ooreenkoms.

Azerbaidjan het intussen gesê hy het twee van Armenië se missiel basisse aangeval, wat later deur die Armeniërs bevestig is.

Die gevegte oor Nagorno-Karabach het tydelik tot stilstand gekom met die tussenbeide tree van president Vladimir Poetin van Rusland wat hulle oorreed het tot ʼn skietstilstand.

Die aanvalle op Armenië se twee missiel lanserings basisse was klaarblyklik in reaksie op ʼn missiel aanval op burgerlikes in ʼn klein dorpie van Azerbaidjan.

Die gevegte wat sedert 27 September losgebars het, is gekenmerk deur die meer as 120 mense wat omgekom het terwyl baie gewondes in hospitale opgeneem is.

Beide kante het soldate en burgerlikes aan die dood afgestaan, en waarnemers reken die gevegte gaan nog meer lewens verwoes indien die groot moondhede nie kragdadig toetree om die gevegte te stop nie.

Intussen het Armenië gesê die aanvalle op sy missiel basisse bied hom nou die reg om enige Azerbaidjan gebou of basis te teiken.