Munisipaliteite mag krag opwek

Die Minister van Energie, Gwede Mantashe, het glo ʼn wysiging in die wet aangebring wat munisipaliteite onder sekere voorwaardes toelaat om hulle eie krag op te wek.

Van die belangrikste voorwaardes is dat die munisipaliteit ʼn sterk finansiele basis het, asook ʼn betroubare volhoubaarheid studie moet doen, en verseker dat die aanleg in lyn met die sogenaamde munisipale Integrale Ontwikkeling Plan van die regime is.

Die minister het blykbaar die wysiging die afgelope Vrydag deurgevoer en sal volgens hom effek gee aan president Ramaphosa se verbintenis om dit vir munisipaliteite moontlik te maak om eie krag op te wek.

Kenners is bekommerd oor die voorwaardes wat redelik is, maar wat nie enige munisipaliteit in staat sal stel om te kwalifiseer nie, weens hulle enorme skuldlas en onvermoë om hulle Eskom rekeninge te betaal.