Munisipaliteit aangekla oor misdaad teen mense

Droogte

ʼn Munisipaliteit in Oos-Transvaal word daarvan beskuldig dat hy misdaad teen die mensdom gepleeg het, en dat miljoene Rand wanbestee is wat vir droogtehulp aangewend moes word.

Die inligting is bekend gemaak nadat ʼn forensies verslag op ʼn vreemde wyse “gelek” het en in die hand van verslaggewers gekom het.

Die Moroka plaaslike munisipaliteit is glo in die warmwater nadat die forensiese verslag ernstige bewerings bevat oor bedrog en korrupsie.

Raadslede en beamptes word as skuldiges uitgewys wat die fondse wanbestuur het terwyl dit vir droogtehulp aangewend moes word, en dat R18 miljoen saam met ander fondse ondermeer vir boorgate beskikbaar was om mense wat nie water het nie, te help.

Minstens tien boorgate moes gesink word om lopende water aan gemeenskappe te bied, maar geen inligting is gegee oor wat werklik met die geld gedoen is nie.