Minister en oud MK in konflik

Fikile Mbalula het die kritiek afkomstig van die voormalige lede van Umkhonto weSizwe Military Veterans Association verkwalik omdat hulle gevra het hy moet gearresteer word.

Die oud MK lede het ʼn optog gehad na die Gautengse premier, David Makhura se kantoor oor die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Spoorweë se dienste onder Mbalula se beheer, en beskou die minister as ʼn krimineel.

Mbalula het op die sosiale netwerk teruggekap en alhoewel baie van sy stukke geskrap is, het hy die oud MK lede se president, Kebby Maphatsoe, teruggekap met die beskuldiging dat die oud MK president net een hand het omdat hy nie saam gestry het teen apartheid nie.

Die oud lede sê hulle is opgeleide soldate, maar die regering stel hulle nie aan in die veiligheidsmagte nie, en dit het gelei tot die verset optog op die snelweg. Nou is daar erge spanning tussen die voormalige terroriste en die regering, wat onlangs die MK mense as skurke uitgeskel het.