Minister Cele soek witvoetjie

Die Minister van Polisie, Mbeki Cele, wil weer ʼn  besoek bring aan Senekal in ʼn poging om die spanning wat hy veroorsaak het onder die boere van die distrik, te probeer verlig.

Cele het homself uiters ongewild en omstrede gemaak tydens die eerste verskyning van Brendin Horner se moordenaars in die hof waar honderde boere uit die Vrystaat hulle misnoeë getoon het met die voorval.

Slagspreuke soos “Cele must fall” en verskeie opmerkings teen die ANC minister was duidelik hoorbaar die betrokke dag.

Cele wil die dag van die verhoor wat op 16 Oktober plaasvind, weer sy opwagting maak in Senekal, en vrese bestaan dat Cele se “vrede sending” nie geslaagd sal wees nie.

Sy opmerking vroeër in Newcastle waar hy met boere gepraat het, bly vassteek in die geheue van Suid-Afrika se landbouers. Daar het Cele gesê die boere moet nie tjank as hulle seerkry nie, en sedert die dag is Cele een van die minder gewilde mense van die regering.

Cele het glo gesê hy was met die Vryheidsfront se leiers in gesprek oor die Senekal moord, en is waarskynlik bekommerd dat die 16de se hofverrigtinge weer verkeerd kan gaan as boere soos vroeër, met polisie onverskilligheid te kampe het.