Miljardêrs word ryker weens pandemie

Die wêreld se super rykes het hulle gekombineerde welvaart met ʼn kwart verstewig tydens die koronavirus krisis tydperk.

Die Gesondheidsdiens miljardêrs het die mees florerende paar maande geniet en hulle rykdomme aansienlik verstewig.

Volgens finansiële deskundiges en waarnemers, het die welvaart van die super rykes ʼn nuwe hoogte bereik volgens ʼn studie wat gepubliseer is deur die Switserse Bank.

Die meer as 2,000 miljardêrs om die aardbol het geslaag om die fortuine in totaal met $10.2 triljoen aan die einde van Julie as surplus te realiseer wat die $8.9 triljoen van 2017 se rekord oortref.

Dat die rykes net ryker geword het, word gesien in die toename in mense wat bates het van $1 miljard of meer, en wat van 2,158 binne twee jaar tot 2,189 vanjaar gestyg het.

Die rykes het met Gesondheidsdienste en hoë tegnologie toerusting die beste gevaar om ryker te word.

Volgens die verslag het die aantal miljardêrs in die wêreld met 27,5% toegeneem onder die groep wat tot $8 miljard sterk is.