Merkel keer vir tweede pandemie

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, het die land se premiers uit elke deelstaat opgeroep sodat nuwe maatreëls bespreek kan word om te voorkom dat ʼn tweede koronavirus pandemie die land tref.

Al 16 deelstate se premiers het Kanselier Merkel Woensdag ontmoet om te bespreek watter nuwe maatreëls is nodig om ʼn herhaling van die pandemie te voorkom.

Merkel het die infeksie tempo wat nou weer oor Europa spoel as “baie ernstig” beskryf en gesê hulle moet nie nou die fout maak wat in ander Europese lande gemaak is en wat nou ernstige gevolge dra met die vinnige verspreiding van infeksie nie.

Sy sê die huidige tendens met die verspreiding wat oral versnel, is daar veel wat Duitsland daaruit kan leer.

Duitsland is waarskynlik n goeie voorbeeld vir ander Europese lande met sy sterk dissipline wat deur die groot meerderheid van die bevolking toegepas word en wat die direkte rede is vir die relatief lae infeksies teenoor ander lande soos Frankryk.

Merkel se oproep tot die deelstate se premiers het gekom nadat die Wereld Gesondheid Organisasie gesê het meer as 700,000 nuwe infeksies is die betrokke 24 uur tydperk in Europa aangeteken.