Meksiko staal hom vir orkaan

Die kategorie 4 orkaan Delta wat afstorm op Meksiko het in krag toegeneem en het Woensdag die Yucantan Skiereiland bereik.

Weerkundiges het gewaarsku dat die geweldige storm lewensgevaarlik is end at mense hulle voorsorgmaatreëls moet opskerp.

Orkaan Delta het skielik versterk en ʼn gevaarlike Kategorie 4 geword met winde wat tot 230 kilometer per uur bereik.

Die Amerikaanse Orkaan Sentrum het die gevaarlike Delta beskryf as “uitermatig gevaarlik” en het reeds groot skade berokken maar alle besonderhede is nog nioe bekend weens die onmoontlike situasie om te kommunikeer met die skiereiland.

President Andres Manuel Lopez Obrador het bevel dat minstens 5,000 troepe op gereedheid vlak moet wees om behulpsaam te wees met reddingswerk wat na verwagting Donderdag en Vrydag gedoen moet word.

Kommer is uitgespreek oor die moontlikheid dat die ontwrigting wat Delta veroorsaak, ook die verspreiding van die koronavirus mag bevorder.