Mboweni se rede in kort opgesom

Die ANC se Minister van Finansies het in sy rede tydens die Medium termyn begroting sekere inligting bekend gemaak wat van Suid-Afrika ʼn land met enorme skuld maak op vele gebiede.

Die belofte dat geen Staats-beheerde entiteit verder gehelp gaan word uit die staatskas nie, het nou ʼn leuen geword, want meer as R10 miljard sal vir bankrot SAL gegee word wat hulle kan verkwis soos in die verlede.

Die minister erken dat die skuldlas so groot is da thy voorsien om R300 miljard oor die volgende drie jaar moet bespaar as hy wil oorleef, want die rente op die land se skuldlas is so hoog dat dit enige moontlike afbetaling verhoed.

Met die onsekerheid oor die toekoms, sê die minister hy voorsien ʼn groei van 3,3% vir 2021, en 1,7% vir 2022 en 1,5% vir 2023.

Die minister erken dat dit ʼn lang pad is om te herstel, en waarsku dat ʼn tweede pandemie nie uitgesluit is nie.

Ekonome sê so ʼn pandemie sal Suid-Afrika finaal knak om nie weer te herstel nie, en sal ʼn tweede Zimbabwe die uiteinde wees.

Weens die werkloosheid en talle ondernemings wat hulle deure finaal gesluit het word voorsien  dat die Ontvanger van Inkomste ʼn groot vermindering aan inkomste uit belastings sal ondervind, wat die ekonomiese agteruitgang verder stimuleer.

Hy reken die inkomste uit belasting sal eers in 2024 die vlak bereik wat dit was voor die pandemie.

Met die pogings sal die Tesourie R300 bespaar aan uitgawes oor die volgende drie jaar, wat op verskillende sektore van toepassing sal wees.

Belastings word verhoog om sowat R40 miljard in die volgende drie jaar te vorder vir die Staatskas.