Mboweni is op warm sinkplaat

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, is tans soos ʼn kat op ʼn warm sinkplaat, en die taak wat hy het om die gemors op te ruim, is veels te groot vir hom.

Dit is die mening van ʼn welbekende ekonomiese deskundige wat voorsien dat die minister nie met ʼn unieke plan gaan kom nie, al het hy gevra dat sy tussentydse begrotingsrede met ʼn week uitgestel word.

Die probleem is veel groter as wat die regeerders besef, en daar is reeds meer planne opgestel as wat nodig is, maar geeneen daarvan is in die pyplyn om tot uitvoering gebring te word nie.

Hy sê die opstel van die plan is goed en wel, maar Suid-Afrika se regering weet nie hoe om sulke planne tot uitvoering te bring nie, en dan beteken die plan niks.

Met die groot klomp planne wat reeds bekend gemaak is, en die sogenaamde  herstel program wat Ramaphosa aankondig, is SA nog nêrens, want die uitvoering van planne bly agterwee omdat onkundiges daarmee belas word.