Magashule: Waar ʼn rokie is….

Hardnekkige media berigte doen steeds die rondte dat die ANC Sekretaris-Generaal binnekort gearresteer gaan word weens betrokkenheid in korrupsie skandale wat in die Vrystaat afgespeel het.

Die berig het enkele dae gelede die eerste keer in ʼn koerant verskyn dat Magashule gearresteer is, maar die berig is spoedig gedemp en weerlê deur die ANC.

Onbevestigde berigte word egter ontvang dat Ace Magashule binnekort wel in hegtenis geneem sal word op verskeie aanklagte van korrupsie of bedrog.

Ingeligte bronne reken ook dat die berigte en gerugte waarheid bevat, veral in die lig van sy tyd as premier van die Vrystaat waartydens verskeie vreemde projekte soos die melkplaas van Vrede waarby die Guptas betrokke was in die tyd toe Jacob Zuma die ANC se president was.