Madonsela: Geen amnestie vir korrupte beamptes

Die voormalige Openbare beskermer, wat ook groot internasionale aansien verwerf het, sê die moontlikheid om amnestie te verleen aan skuldige mense in korrupsie sake, behoort nie oorweeg te word nie.

Sy sê om amnestie te verleen sodat Suid-Afrika op ʼn skoon bladsy kan begin, sonder verdere korrupsie, is nie aan te bevel nie.

Sy sê die verlening van amnestie aan mense wat skuldig bevind is van korrupsie, bedrog en geld wassery, sal die verkeerde seine uitstuur na die publiek.

Kenners wys daarop dat die moontlikheid van amnestie sekerlik kan lei tot opstand, veral as mense soos Jacob Zuma skuldig bevind sou word, en dan vrygelaat word onder ʼn amnestie stelsel.

Meningsvormers wys daarop dat die skuldiges ʼn vooraf beplande program gehad het oor hoe die korrupsie gepleeg gaan word, en is dus skuldig aan ʼn daad wat vooraf beplan is, en sulke misdadigers kan nie amnestie kry omdat hulle die belastingbetalers se geld uit die “staatskas” gesteel het nie.