Litoue se kiesers stem konserwatief

Die kiesers van die Balkan staat Litoue het hulle stemme uitgebring is die eerste rondte van die parlementêre verkiesing van die land.

 Die huidige regering het in onguns geraak by die kiesers vanweë die hantering van die Covid-19 pandemie, en die verwagting is dat die konserwatiewes ook die meerderheid steun in die tweede rondte kan behaal.

Die gematigde-regse opposisieparty het heel bo geëindig in die eerste stemming, en alles dui daarop dat die tweede rondte ook goeie resultate sal lewer vir die “Tuisland Unie” van die konserwatiewes.

Die konserwatiewes het met 24,8% die meerderheid stemme getrek, en die regerende party kon slegs 17,5% van die stemme trek.

Om n koalisie meerderheid t vorm, word 71 van die 141 parlementêre setels vereis, wat klaarblyklik vir die konserwatiewes ʼn sterk aanspraakmaker sal maak.

Litoue word gesien as een van die Balkan lande wat spoedig lid van die Europese Unie kan word, het ʼn woordvoerder later gesê.