Lisensies nou ʼn krisis

Om nou n bestuurslisensie te bekom, is nie so eenvoudig as wat dit klink nie, want die pandemie het duisende mense se lisensies laat verval.

In die afgelope vyf tot ses maande het niemand die voorreg gehad om sy lisensie te hernu want die kantore was gesluit en niemand kon nêrens heen beweeg nie.

Intussen het die situasie verander, en mense met vervalle lisensies probeer nou geholpe raak, maar die werkers en die stelsel word so oorbelas dat vordering maar op ʼn slakkepas is.

Die vereiste dat mense aanlyn plek moet bespreek, en die oormatige aantal wat daagliks probeer om ʼn afspraak te kry, maar nie slaag nie omdat die totale aantal by ʼn gegewe kantoor reeds oorlaai is, maak dit ʼn saak van frustrasie en selfs aggressie.

Die aanbeveling van Outa dat die regering die lisensies se tyd moet verleng van 5 jaar na 10 jaar, is dus nie vergesog nie, maar die owerheid se geldgierigheid sal so ʼn reëling nie goedgekeur kry nie.

Die stelsel wat tans ook in werking is vir die uitreiking van nuwe lisensies aan voertuig bestuurders is ook oorlaai, en klagtes is glo dat die beamptes voorkeur gee aan diegene wat ʼn ietsie in die hand stop vir ʼn afspraak wat vervroeg is.