Lewensbrood

Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

Want as jy weier om my volk te laat trek, kyk, dan bring Ek môre sprinkane in jou grondgebied,

en hulle sal die oppervlakte van die land oordek, sodat ’n mens die land nie sal kan sien nie. En hulle sal die oorblyfsel afeet van wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet.

Exodus 10 v 3 tot 5