Kriminele klag gelê teen Malema

Kriminele klagtes word glo gelê teen Malema en een van sy p[parlementslede, ene Paulsen, weens hulle uitsprake wat geweld kan aanblaas.

Die Rooi brigade se opmerkings is nie net walglik nie, maar is ʼn gevaarlike vonk wat in die spreekwoordelike kruitvat kan beland.

Malema het, soos telkens in die verlede, weer geluide van geweld gemaak met sy masjiengeweer dreigemente, en dit het gelei tot klagtes wat aan die parlementêre Etiese Komitee  gestuur is.

In reaksie op die boere se optrede by die Senekal moord verhoor, het die opposisieparty se parlementêre hoofsweep glo gesê vervolging gaan ingestel word teen die leier van die Malema party wat ook hulle opmerkings laat sirkuleer in die sosiale netwerk.

ʼn Beroep is ook op Bheki Cele, Minister van Polisie, gedoen om op te tree teen Malema, maar waarnemers en politieke ontleders betwyfel dit of Cele tot so ʼn noodsaaklike daad sal oorgaan.