Kouewater kan dalk dementia teenwerk

Die onlangse verslag van navorsers toon dat demensie moontlik teëgewerk kan word met kouewater.

Alhoewel die wetenskaplike navorsers nie aanbeveel dat mense in yswater bad of swem nie, weens die ander gevaarlike effekte wat ondervind kan word, is daar tekens dat kouewater wel ʼn sterk bydrae kan lewer om die siekte toestand te bestry.

Na jare se navorsing en bewyse, het wetenskaplikes uiteindelik vasgepen dat daar een skakel tussen die brein se gesondheid en die “polar bear” geval is.

In die studie van die bloed profiel van gereelde wintertyd swemmers van Londen, Engeland,  het die Cambridge Universiteit se navorsers ʼn proteïen geïdentifiseer wat getoon het die verlangsamings van dementia by muise en selfs die herstel in sommige gevalle van die beskadigde gevalle.

Navorsers sal glo ook die moontlikhede ondersoek van hoe kouewater aangewend kan word sonder om enige ander gesondheidsrisiko op te wek, en gaan voort met die navorsing wat nuwe antwoorde kan bied.