Kommer oor sekere griep inspuitings

Medici in Singapoer het die gebruik van twee verskillende griep inspuit middels tydelik gestop nadat mense in Suid-Korea dood is na die inspuitings op hulle toegedien is.

Die staking is as voorsorgmaatreël ingestel na inligting ontvang is dat minstens 2 mense oorlede is enkele dae na die griep inspuitings toegedien is,

Suid-Korea het intussen bevestig dat minstens 48 mense gesterf het sedert Saterdag toe hulle met die entstof ingespuit is.

Medici in Suid-Korea sê die Staats-ondersteunende inentings program gaan voort aangesien geen verband gevind kon word met die dood van die mense nie.

Singapoer het reeds honderde mense met die twee verskillende entstof soorte behandel, en geen sterftes is aangeteken nie.