Koeler en nat weer vir 2021

Die belofte van ʼn koeler jaar en meer reën in die eerste helfte van 2021 word voorspel weens die weerpatroon wat ʼn stewige staan gemaak het.

Alhoewel warm dae en hittegolwe nie uitgesluit sal word nie, is die vooruitsigte van laer temperature en eweredig verspreide reën neerslae iets om na uit te sien.

Die afgelope Septembermaand is deur die VN se afdeling van klimaatsveranderings bestempel as die wêreld se warmste September in baie jare, en het voorspel dat Oktober ook as erg warm ondervind sal word.

Suid-Afrika kyk met groot verwagting uit na die verloop van die somer- en reen-seisoen van die binneland, aangesien die voedselproduksie daarmee ʼn stewiger uitvoer inkomste kan verseker.

Die opgaardamme het ook aanvulling nodig en dit word verkry met goeie deurdringende neerslae in die opvanggebiede wat hopelik in die komende maande verwag word.

Deurdringende reën oor ʼn wye gebied sal ook sorg vir ʼn daling in temperatuur, wat nie net ʼn meer leefbare sal wees vir mens en dier nie, maar sal ook verdamping van water uit die opgaardamme verminder.