Joe Biden se kanse lyk goed

Die Amerikaanse presidentsverkiesing vind plaas op 3 November, en meningsopnames wat gemaak is die afgelope paar dae, dui op ʼn oorwinning vir Joe Biden, die kandidaat van die Demokratiese Party van Amerika.

Die feit dat Biden volgens peilings met 8 persent voorloop, is genoeg rede om hom as die nuwe president van die VSA te sien.

Die voorsprong van 10 persent het wel gekrimp in die afgelope weke na soveel as 8%, maar dit is steeds ʼn groot genoeg voorsprong om die presidentskap te verower.

Daar is ʼn 4% van stemme wat onbekend is, maar al sou dit ten volle na Trump draai, is dit steeds nie genoeg om hom die wenner te maak nie, behalwe as daar weer n “skuil stem” is wat Demokrate kan verras, soos wat in 2016 die geval was toe die VSA peilings getoon het dat Hillary Clinton sal wen, en toe baie ver en vernederend die onderspit gedelf het.

ʼn Politieke ontleder in Suid-Afrika sê die situasie is vloeibaar, maar wie van die twee as wenner uit die stryd gaan tree, beteken een ding: Amerika kon bete kandidate gehad het aan beide kante.

2