Japan en Vietnam smee sterker bande

Japan en Vietnam het ooreengekom om hulle gesamentlike sekuriteit en veiligheid te versterk terwyl die ekonomiese bande ook aandag sal kry.

Die twee lande is ook gereed om ʼn ooreenkoms aan te gaan, wat in beginsel aanvaar is, vir Japan om sy militêre en tegnologiese vermoë uit te brei na die Suidoos Asiatiese land.

Japan se nuut aangewese Eerste Minister, Yoshihide Suga, het in gesprek getree met die premier van Vietnam, Nguyen Xuan Phuc, en gesê die ooreenkomste wat bereik is, is 4 groot stap vorentoe en sal die veiligheid in die streek verhoog.

Waarnemers wys daarop dat die twee lande die Sjinese gevaar van kommunistiese aggressie wil teenstaan deur die bande te versterk, en ander Asiatiese lande aan te moedig om te mobiliseer.