Islamitiese Staat bevry honderde uit tronk

Die gewapende magte van die terroristegroep, Islamitiese Staat (IS), het in die Kongo toegeslaan op ʼn tronk en byna al die gevangenis bevry.

Die terreur groep het daarin geslaag om in te breek by die tronk wat in die ooste van die land geleë is, en die burgemeester het bevestig dat die IS terroriste agter die operasie sit.

Meer as 1,300 het uit die tronk ontsnap wat in die dorp Beni is, en burgemeester Modeste Bakwanamaha sê die groot groep gewapende terroriste kon daarin slaag om die sentrale tronk binne te  dring en die aangehoudenes kon heel gemaklik uit die gebou kom.

Uit die totaal van 1456 mense wat gevange gehou is, het sowat 110 oorgebly wat klaarblyklik verkies het om nie weg te hardloop nie.