Iran: VN wapenverbod words opgehef

Iran sê in ʼn verklaring dat hy “wapens sal aankoop” sodra die Verenigde Nasies aankondig dat die verbod op wapen verkope aan Iran opgehef word.

Iran kon nie wapentuig aankoop sedert 2007 toe die VN ʼn internasionale verbod ingestel het dat geen land wapentuig aan Iran mag verkoop nie weens die land se aggressie in die Golf gebied.

Die VN se verbod was van krag tot nou, maar verstryk in Oktober vanjaar, wat Teheran laat besluit het dat hy “wapentuig vir massa vernietiging” sal aankoop sodra die VN aankondiging gemaak is.

Mohammad Javad Zarif, die Minister van Buitelandse Sake in Iran sê die dag het aangebreek dat Iran balans sal bring in die Midde-Ooste deur vrede en veiligheid te bevorder.

Hy het bygevoeg dat die Islamitiese Republiek van Iran nou voorsiening mag maak vir enige noodsaaklike wapentuig en toerusting aankope vanaf enige bron sonder enige wettige hindernisse sodat die land in sy verdedigings behoeftes kan voldoen.

In gevolge die VN besluit, het die verbod die afgelope Sondag, 18 Oktober, verstryk op voorwaarde dat die 2015 kernwapen verdrag met Rusland, Sjina, Duitsland, Brittanje en Frankryk, tesame met die VSA, in stand gehou en nagekom is.