Iran en Oekraine onderhandel oor vliegtuig vergoeding

Iran en die Oekraine is in onderhandelings vasgevang oor vergoeding wat Iran moet betaal vir die passasiersvliegtuig wat hy afgeskiet het.

Iran het na bewering per ongeluk die Oekraine Lugredery se Vlug 752 neergeskiet tydens die spanningsvolle situasie met die VSA.

Nou moet Iran en die Oekraine se senior diplomate in ʼn vergadering tot ʼn aanvaarbare ooreenkoms kom met kompensasie vir die slagoffers in die vliegtuig se families.

Die Boeing 730 – 800 passasiers vliegtuig is neergeskiet deur die Iraniese militariste gedurende Januarie terwyl daar 176 mense aan boord was wat omgekom het.

Iran het aanvanklik probeer ontken dat die vliegtuig deur sy weermag afgeskiet is, maar getuienis het bewyse gelewer dat dit wel hulle is wat die reuse vliegtuig afgeskiet het.

Die onderhandelings wat Maandag begin het in Teheran sal na verwagting dried ae duur alhoewel die meerderheid passasiers van Iran afkomstig is, maar daar is ook mense van Amerika, Oekraine, Brittanje, Afghanistan en Swede.