Indonesië weier VSA spioenasie tuig

Uit Jakarta, die hoofstad van Indonesië word berig dat die land se regering vanjaar se voorstel om Amerika se P-8 spioenasie tuig toe te laat, geweier het, sê ʼn senior woordvoerder in die land.

Die VSA se senior beamptes het ʼn “hoë vlak” benadering gevolg gedurende die vorige maande en samesprekings gevoer met die land se Minister van Verdediging en die Minister van Buitelandse Sake.

Retno Marsudi, die Minister van Buitelandse sake het selfs geweier om oor die aangeleentheid die media in te lig,

Die ambassadeur van die VSA in Jakarta sowel as die verteenwoordigers van die Departement van Verdediging in die VSA het geen kommentaar gelewer nie, wat beskou word as ʼn ernstige verskil tussen die twee regerings.

Indonesië volg reeds vir baie jare ʼn beleid van neutraliteit en geniet derhalwe ʼn redelike invloed in die Suidoostelike Asië streek, wat beteken dat die VSA nie sal slaag om spioenasie hommeltuie te vestig nie.

Die P-8 spioenasie hommeltuie vervul ʼn belangrike rol om ʼn wakende oog te hou oor wat die Sjinese in die mou voer, maar Indonesië stel nie daarin belang om enige land toe te laat vir militêre doeleindes nie.