Hulle gaan Trump laat verloor

Protesterende vroue onder die vaandel van die linkse Demokratiese Party in Amerika het met ʼn reuse veldtog begin om seker te maak dat Donald Trump die verkiesing verloor.

Die op toggangers, wat regoor Amerika in beweging gekom het, eis dat president Donald Trump nie weer as president verkies moet word nie, en bring hulde aan die ontslape regter van die Hooggeregshof, Ruth Bader Ginsburg.

Die massa byeenkomste vind plaas terwyl president Trump voortgaan met sy verkiesingsveldtog en die afgelope naweek in Michigan ʼn groot byeenkoms van Republikeine bygewoon het.

Die vroue het glo in meer as 400 verskillende plekke hulle optogte gehou, maar kon nie meer as 100,000 vroue met die pogings mobiliseer nie.

Die vroue optogte het ook ontevredenheid getoon met Trump se optrede om Regter Barrett te probeer aanstel voor die verkiesing van 3 November.

Die vroue se optogte het die hoop laat opvlam by Demokrate dat dit die kiesers in beweging sal bring wat Joe Biden tot nuwe president verkies sal kry.