Guptas kan nog gestraf word

Die Gupta broers wat tans in die Verenigde Arabiese Emirate is, kan moontlik nog teruggebring word na Suid-Afrika om verhoor te word vir die veelvuldige klagtes teen hulle.

Die opmerking is gemaak dat die Guptas wel kan bly hardloop, maar sal nie kan wegkruipertjie speel nie.

Frustrasie bestaan in die geledere van die Suid-Afrikaanse vervolgers oor die feit dat die VAE nie ʼn uitleweringsooreenkoms met Suid-Afrika het nie, en gevolglik nie maklik die Guptas kan terugbring nie.

Die drie broers, Ajay, Atul en Rajesh wat die land uitgevlug het nadat hulle deeglike huiswerk gedoen het oor lande wat nie uitleweringsooreenkomste het met SA nie, was klaarblyklik die hoofrol spelers in Staatskaping, maar het ook allerlei ander onwettige bedrywe beoefen terwyl hulle hoogs bevriend was met Jacob Zuma, die president van daardie tyd.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het verskeie pogings aangewend om die broers uitgelewer te kry, maar kon nie daarin slaag nie, en die regering het nie pogings aangewend om ʼn uitlewerings ooreenkoms met die Emirate aan te gaan nie.