Gautrein werkers staak vandag

Die swart vakbond Numsa het aangekondig dat hulle beoog om Maandag, 5 Oktober met ʼn staking te begin onder die Gautrein werkers.

Die werkers is glo ontevrede oor salarisse wat verhoog moes word volgens ooreenkoms wat vroeër aangegaan is.

Waarnemers het hulle verbasing uitgespreek oor die onverantwoordelike optrede van die vakbond wat sekerlik bewus moet wees van die haglike finansiële toestand in die land weens die pandemie en die algemene swak bestuur wat die afgelope dekade voortgeduur het.

Ingeligte bronne wys daarop dat die vakbond weinig doen om sy lede se omstandighede te verbeter, behalwe om gedurig salaris verhogings af te dwing sonder om seker te maak dat sy lede ook die produksie verhoog in die werkplek.