Gauteng professor ook met verpligte verlof

Professor Mkhululi Lukhele, verbonde aan die Departement van gesondheid in Gauteng, is ook op verpligte verlof geplaas deur die provinsiale premier, David Makhura.

Die professor is een van die jongste gevalle van sogenaamde hoë profiel regerings amptenare wat deur die Spesiale Ondersoek Eenheid nagegaan word oor moontlike betrokkenheid by die skandaal van beskermings toerusting teen die koronavirus wat opslae veroorsaak het.

Talle hooggeplaastes in die provinsie se strukture word beskuldig en ook ondersoek vir hulle betrokkenheid by die korrupsie skandaal waarby miljoene Rand betrokke is en seker instellings ook betrek word.

Talle handelsake soos bakkerye en ander instansies wat nooit in sulke goedere handel gedryf het nie, het gl;o oornag daarmee handel gedryf om aan staatsdepartemente te verkoop

Die beskuldiging teen Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko het waarskynlik die meeste aandag van die media getrek.