Franse en Duitsers wil Rusland straf

Daar is volgens Frankryk en Duitsland geen verduideliking vir Alexei Navalny se vergiftiging anders as dat Rusland daarby betrokke is nie.

Die twee lande wil nou druk plaas op die Europese Unie om sanksies in te stel en individuele persone te teiken daarvoor.

Die twee lande het in ʼn gesamentlike verklaring gesê sanksies is nodig, en het reeds die week druk geplaas in die EU strukture  vir sanksies oor die vergiftiging van Navalny in Rusland.

Russiese woordvoerders in die Kremlin het tot hede ten sterkste ontken dat Navalny vergiftig is, en het te midde van wetenskaplike bewyse, gesê geen klinkklare bewyse bestaan vir die beweerde vergiftiging nie.

Intussen het verskeie wetenskaplikes in ander lande, wat ook monsters ontvang het van Nvalny, bevestig dat die gifstof wel teenwoordig is.