Frankryk verklaar tweede grendel tyd

Die Franse president, Emmanuel Macron, het aangekondig dat ʼn nuwe grendel tyd met die nodige maatreëls vir Frankryk ingestel word.

Die aankondiging kom nadat meer as 36,000 nuwe infeksie gevalle die betrokke 24 uur tyd aangemeld is.

Die dag tevore is net meer as 40,000 nuwe infeksies gerapporteer vir die 24 uur tyd, wat die land in ʼn groter krisis dompel as met die eerste pandemie.

Vanaf Vrydag 30 Oktober, word die nuwe grendel tyd van krag en sal minstens van toepassing bly tot 1 Desember.

Elysee Paleis se aankondiging is gemaak nadat die president ʼn noodvergadering gehou het om die nuwe krisis te bespreek en dringende besluite moes geneem word terwyl die buurlande Duitsland en Spanje ook bedreig word met die moontlikheid van ʼn tweede pandemie.

Mense se bewegings word ingeperk en hulle mag na skole, werkplek en kos inkopies en vir mediese sorg beweeg, en moet op aanvraag bewyse lewer waarom hulle uit die huis gaan.

Kroeë, eetplekke en nie noodsaaklike besighede sluit en universiteite moet klasse aanlyn bied.