EU ten gunste van sanksies teen Russe

Die Europese Unie (EU) se ministers het saamgestem dat sanksies ingestel word teen Rusland vir die vergiftiging van die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny.

Die ministers se goedkeuring volg nadat n vergadering in Luxembourg gehou is waar Duitsland en Frankryk die aangeleentheid uiteengesit het oor die vergiftiging.

Die EU ministers glo die sanksies is geregverdig weens Moskou se betrokkenheid in die vergiftiging, en die klaarblyklike onwilligheid om die skuldiges op te spoor, word as aanwyser gesien dat die owerheid self ook betrokke kan wees.

Die opmerking kom as ʼn onafhanklike waarnemer se denke nadat volle navorsing gedoen is oor die verloop van gebeure en die feit dat Rusland met die senuwee gifstof reeds voorheen mense vergiftig het wat soortgelyke simptome gehad het as die van Navalny.

 Die 27 ministers se eenstemmigheid oor die sanksies wat ingestel moet word teen Moskou, sal nou vir verdere toepassing ondersoek word.