EU dreig Turkye met sanksies

Leiers van die Europese Unie (EU) het Turkye gewaarsku dat die land omvangryke sanksies in die gesig staar indien voortgegaan word met “provokasie en druk” maar sal ook beloning bied vir goeie gedrag.

 Die dreigement kom nadat Turkye met onwettige soektogte begin het om olie en gas te vind in die Oos-Mediterreense See in plekke wat internasionaal as Griekeland se seegebied erken word.

Turkye word ook aangespreek oor sy rol in die streek se konflikte, waarvan sy ondersteuning teen Armenië onaanvaarbaar is weens die gevaar van internasionale konflik wat kan ontstaan.

Die EU sê hy verwag ʼn positiewe en konstruktiewe verhouding met Turkye, en dit kan net tot Ankara se beswil wees.

ʼn Goeie verhouding kan egter net bereik word as Turkye sy toepassing van druk staak, en die provokasie beëindig, het die EU verklaar.