EU belê miljarde in Balkan lande

Die Europese Unie wil die ses Balkanlande finansieel help om ekonomiese groei en opgradering van infrastruktuur aan te pak om uiteindelik ook lidlande van die EU te word.

Alhoewel hierdie reuse projek wat soveel as $ 11 miljard kan beloop, het die EU ook verwagtinge en vereistes wat deur die lande nagekom moet word as hulle bydrae tot die ontwikkeling.

Allbanië, Bosnië-Herzegowiniër, Kosovo, Montenegro, Noord-Masedonië, en Serwië, is geteiken om van die beoogde projek bevoordeel te word.

Die EU beplan om die projek gedurende 2021 te begin en te voltooi teen 2027, sê ʼn woordvoerder van die Europese Kommissie.

Die Balkan lande het ekonomiese terugslae gehad met die pandemie, en is nie instaat om die mas op te kom sonder ekonomiese hulp van buite nie, en sal heelwaarskynlik bydrae tot ʼn gesindheid om as lidlande aan te sluit na voltooiing van die projek.