Entstof vervaardiger ondervind hindernisse

Die Britte se Covid-19 toets stelsel het onder druk gekom, veral met die gesukkel wat ondervind is met nuwe infeksies wat bepaal moes word, en toe nog ʼn nuwe krisis moes trotseer met die Switserse farmaseutiese maatskappy, Roche wat sê hy ondervind probleme by sy nuwe stoor vanwaar sekere produkte versend moes word.

Roche is een van die hoof verskaffers van diagnostiese toets produkte aan die Britse Nasionale Gesondheidsdiens se Toets en Opsporings program.

Die program is enkele dae tevore ook onder druk geplaas toe tegniese probleme veroorsaak het dat vertraging ondervind is in die verslae van 15,000 positiewe toets resultate  van pasiënte.

Die Switserse maatskappy sê in ʼn brief aan die Verenigde Koninkryk dat die oorskakeling van die ou voorraadstoor na die nuwe verspreidings sentrum, die onvoorsiene vertragings tot gevolg gehad het.

Die maatskappy het egter die versekering gegee dat die knelpunte uit die weg geruim is en dat goeie diens weer in werking is.

Britse gesondheidsdienste het die probleem bestempel as ʼn gevaarlike toestand wat mense met diabete en mense met magnesium vlakke wat getoets moet word, tesame met ander diagnostiese materiale wat nodig is, kon lei tot grootskaalse ontwrigting en kon selfs noodlottige gevalle veroorsaak het.