Entstof dalk einde Desember vrygestel

ʼn Entstof teen Covid-19 mag moontlik op die vroegste teen die einde van Desember 2020 vrygestel word volgens die Wêreld Gesondheid Organisasie se jongste gegewens.

Die Direkteur-Generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het glo ʼn beroep gedoen op solidariteit en sterk politieke leierskap om te verseker dat die entstof eweredig versprei sal word wanneer dit beskikbaar gestel word.

Dit blyk egter asof die hoof, Ghebreyesus, self twyfel oor wanneer die entstof werklik beskikbaar sal wees, aangesien hy slegs die hoop uitspreek dat dit teen einde Desember vrygestel sal word.

Dit is ook duidelik dat die WGO nie oor die infrastruktuur beskik om toe t sien dat eweredige verspreiding na die verskillende lande plaasvind nie.

Ingeligte ontleders van die situasie sê die entstof verspreiding gaan nie regverdig gedoen word nie, en die ryk lande sl sorg dat hulle eerste geholpe raak om sodoende so gou moontlik hulle ekonomiese situasie te verbeter.

Teenstrydige berigte word ontvang, waarvan die vrystelling van entstof deur Pfizer se PFE.N en Duitsland se BioNTech 22 asook die AstraZeneca se AZN.L produksies moontlik vroeër vrygestel kan word.

Of die maatskappye hulle gaan laat aanjaag om gereed te wees, lyk nie meer so ʼn belangrike element te wees nie aangesien verskeie farmaseutiese instellings se entstof baie gelyktydig vrygestel sal word, wat nie ʼn werklike wenner sal beteken nie.