Emirate wil maan oppervlakte navors

Sheik Mohammed bin Rashid al Maktoum, van Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate het aangekondig dat die land beplan om ʼn ruimtevaartuig na die Maan te stuur in 2024 om die maan se oppervlakte te bestudeer.

Die sending sal die derde fase wees van ʼn veel groter ambisie in die ruimtevaart program van die Arabiese nasie in die Emirate.

Die nuwe projek wat deur die regeerder van Dubai aangekondig is, word gesien as :die eerste van alle tye dat ʼn Arabiese land ʼn ruimtevaartuig na die maan stuur vir navorsing oor die oppervlakte.

Indien die plan geslaagd uitgevoer word, dal die Emirate die vierde land van die wêreld wees wat ʼn ruimtevaartuig op die maan laat land.

Die VSA, Rusland en Sjina het reeds sulke ondernemings gehad en die Emirate kan daarmee hulle naam in die galery van pioniers vestig met die beoogde projek, het wetenskaplikes gesê.

Sheik Mohammed sê die projek sal 100% vervaardig en ontwikkel word deur ingenieurs van die Emirate, en sal ook dienooreenkomstig ten uitvoer gebring word.