Emirate maak internasionale geskiedenis

Die Eerste Minister van Israel, Benjamin Netanyahu, sê sy land en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) is besig om geskiedkundig die weg te baan wat vir geslagte wat kom van betekenis sal wees.

Die premier se opmerking volg nadat bekend geword het dat die VAE ʼn amptelike besoek bring aan Israel, maar die Palestynse regeerders sê die besoek van die Emirate is ʼn “skandelike” daad.

Die afvaardiging uit die Emirate het Dinsdag in Israel aangekom om daarmee die eerste Arabiese volk uit die Golf gebied is wat Israel besoek.

Die afgevaardigdes van die Emirate is vergesel deur senior diplomate van die VSA, wat beskou word as die volgende stap nadat die twee lande hul ooreenkoms tot samewerking en normale betrekkinge onderteken het.

Die ooreenkoms wat tussen die twee lande aangegaan is met behulp van Amerika, word as ʼn persoonlike prestasie van president Donald Trump gesien, wat die geskiedkundige gebeurtenis moontlik gemaak het.