E-tol is hier om te bly

Die hoop het soos mis voor die son verdwyn toe Sanral aangekondig het dat die omstrede E-tol stelsel nie afgestel word nie.

Die stryd wat Duvenhage se Outa voer, lyk nou na ʼn vergeefse poging, en selfs die betaling van e-tol rekeninge gaan afgedwing word.

Miljoene Rand se e-tol skuld is uitstaande en honderde motoriste weier om die rekeninge te betaal, maar Sanral gee die indruk dat streng optrede verwag kan word teen wanbetalers.

Die owerheid kon tot nou toe nie daarin slaag om op doeltreffende wyse die invordering van agterstallige rekenings te bestuur nie, en geen aanduiding is bekend gemaak wat in die toekoms toegepas gaan word om betalings af te dwing nie.