Duur motors wys na asbesdakke korrupsie

Sodi se Rolls Royse

As die duur motors soos Bentley, Ferrari en Porsche gesien word in die Vrystaat, dan wys dit reguit na die korrupsie net asbes dakke van woonhuise.

Die motors wat miljoene Rand gekos het in die slag gekom toe die Nasionale Vervolgings Gesag beslag gelê het daarop nadat die asbes dakke skandaal se oudit gedoen is waarby miljoene Rand se bedrog betrokke is, aan die lig gebring is.

Verdagtes in die korrupsie skandaal, se bates ter waarde van sowat R320 miljoen, is gevries en beslag is gelê op die duur voertuie.

Die optrede volg nadat die vervolgers ʼn beslagleggings bevel gekry het in die Hooggeregshof van Bloemfontein kort nadat arrestasies gedoen is.

Verlede Vrydag is gefokus op die duur eiendomme wat in die naam van die verdagtes geregistreer is, en die optrede is daarop ingestel dat die bates uiteindelik in geld omgesit kan word om aan die staat terug te besorg.

 Die bates sluit in verskeie luukse voertuie van die sakeman Edwin Sodi in, wat ondermeer ook  ʼn Rolls Royce insluit.

Sodi en agt ander hooggeplaaste ANC lede is in die skandaal as verdagtes aangekeer, en hulle sal gesamentlik op aanklag van sowat 60 oortredings in die hof verskyn, waarvan korrupsie, bedrog en geldwassery die meeste sal wees.

Almal het met die vlugtige verskyning in die hof, borgtog gekry wat wissel van R50,000 tot R500,000 elk. Die saak sal op 11 November in die Hooggeregshof hervat word, maar bewerings is gemaak dat meer arrestasies moontlik verwag kan word.

Die saak wat handel oor die bedrog met kontrakte aangaande die asbes dakke van woonhuise in swart woongebiede, het landswyd opspraak verwek en het selfs in die buitelandse media voorblad nuus geword.