Duitsland moet Belarus krisis verlig

Kort nadat die Bondskanselier, Angela Merkel, gesprek gevoer het met die opposisieleier van Belarus, word Duitsland versoek om toe te tree as tussenganger om die land se politieke krisis op te los.

Die opposisieleier, Svetlana Tikhanovskaya, het aan die media gesê Duitsland is van die mees magtigste lande in die wereld, en kan baie behulpsaam wees om die politieke krisis op te los.

Sy het ook ë oproep gedoen tot internasionale hulp en ondersteuning wat saam met Duitsland se steun tot ʼn nuwe tydvak in Belarus se politieke bestel kan beteken.

Die opposisieleier wys daarop dat meditasie nou uiters belangrik is om onderhandelinge met die regering in die land te begin sodat die krisis uit die weg geruim kan word,

Kanselier Merkel het Dinsdag weer ʼn ontmoeting met Svetlana Tikhanovskaya gehad in Berlyn om die situasie in Belarus te bespreek.

Politieke ontleders wys daarop dat die uiteindelike onderhandelings met die regering nie sonder die teenwoordigheid van die Russiese diplomate gevoer moet word nie, anders kan alles misluk, word gesê.