Duitsers spog met pampoene

N Produsent in die Duitse deelstaat Bavaria het vanjaar die land se pampoen kompetisie gewen met sy reuse pampoen van 720 kilogram.

Die organiseerders het die prestasie beskryf as “eenvoudig indrukwekkend”.

Michael Asam het die naweek die eerste plek verower met sy prestasie om die swaarste pampoen van die jaar te produseer en daarmee die toekenning gekry.

In Duitsland word die kompetisie, die Ludwigsburg Pampoen Fees, gehou waar die swaarste pampoen die wenner is, en vanjaar se wenner is indrukwekkend gesien in die lig daarvan dat die reuse pampoen so groot geword het in dieselfde groei tyd as wat die gewone pampoene neem om groot en uitgegroei te word.

Asam is ʼn pampoen kweker van die munisipaliteit van Adelzhausen wat die gesogte kompetisie ook verlede jaar gewen het, maar hy kon nog nie die Duitse record gewig bereik van 916.5 kilogram wat die pampoen van Mario Weishäupl in 2018 geweeg het nie.