Duitse navorsing skip bring slegte nuus

Die Duitse navorsing skip, Alfred Wegener Institute Polarstern, is onderweg terug uit die Arktiese gebied met nuus wat meer kommer wek by wetenskaplikes.

Die skip keer terug na Duitsland met die berig dat die Arktiese gebied aan die sterf is as oseaan, en waarsku ook dat dit vanjaar ʼn ys-vrye Arktiese oseaan hierdie somerseisoen gaan wees.

Die wetenskaplike navorsers keer terug met die boodskap dat die Arktiese Oseaan sterwend is, end it is ook ʼn doodsklok vir groot dele van die wereld, word gesê.

Die navorsing span keer terug na meer as ʼn jaar se besoek aan die Arktiese streek, en bring met hulle saam sowat ʼn 1,000 monsters en baie data waarmee in die komende maande gewerk sal word.

ʼn Woordvoerder het gesê die Noordpool se yslaag is dun en gaan nie lank behoue bly as ʼn verandering nie intree nie.

Sowat 20 ander lande se navorsing skepe het ook die gebied besoek, en die indrukke wat gelaat word, spreek van kommer en magteloosheid.